Posts Tagged ‘gebak’
‘n Suurdeegplantjie vir beginners
Geduld en uithouvermoe in die kombuis was nog nooit een van my sterkpunte nie. Ek was dus BAIE dapper die dag toe ek besluit het ek gaan nou my eie suurdeegplantjie kweek. (Of ek was net desperaat omdat die plantjies wat jy aanlyn koop so peperduur is en ek ‘n huismamma wat nie ‘n reuse…
Read MoreDie onthou van kos
Die geboorte van ons heel eerste dogtertjie was die inspirasie agter my nuuste hartsprojek wat vandag uiteindelik die lig sien: Brood & Botter Resepteboek. As vrou en ma kan ons, ons so afsloof in die kombuis. Kosmaak, skoonmaak, onthaal – als om ons gesin te dien. En vir ons kinders kan dit lyk asof daar…
Read MoreVars-uit-die-boord Vyekoek
Ek het ‘n oor-die-berg buurtannie wat my gereeld bederf met lekkertes uit haar tuin en haar kombuis. Sy is ‘n vasvatter Boesmanland tannie wat dadelik haar huis vir my oopgegooi het toe ek as onsekere boervroutjie voet aan wal gesit het op Namies in 2019. Sy het 3 pragtige dogters van haar eie, wat almal…
Read MoreBoervrou wees in die Boesmanland
Ek wil net hierdie blog begin deur uit te klaar dat ek hoegenaamd nog nie kwalifiseer as ‘n boervrou in hierdie wêreld van ons nie. Alhoewel my wortels nog altyd hier in die Boesmanland lê, is dit nou eers amper twee jaar wat ek woon in ons klip plaashuis met sy vriendelike stoep en lowergroen…
Read MoreMaklike Ciabatta
Dis ‘n heerlike koue en reënerige dag hier in die Boesmanland! En alhoewel ek glo aan die lang en tradisionele manier van als doen het ek tog besluit om vandag ‘n vinnige Ciabatta resep te probeer vir saam met my pa se boontjiesop vir aandete (Hierdie resep deel ek ook binnekort met julle) My tannie…
Read MoreBeskuit Nostalgie
Ons het grootgeword met boerbeskuit, mosbeskuit, karringmelkbeskuit en net so af en toe as ‘n bederf gesondheidsbeskuit. My pa het soggens vroeg opgestaan en vir ons moerkoffie gemaak. Soos ons kinders dan een-een ontwaak het, het daar moerkoffie en beskuit vir ons gewag in die kombuis. Later jare het my pa ons begin bederf met…
Read MoreMalva Poeding met ‘n twist
As ek ‘n lys moet maak van my 10 gunsteling Suid-Afrikaanse kosse sal Malva poeding ‘n ere plek hê. Dit laat my terugdink aan Sendingbasaar in Nanabees se stoor. Dit was ‘n jaarlikse gebeurtenis op ons kalender: Al die boere en werkers van die omgewing het bymekaar gekom by Tannie Leigh en oom Frances Visagie…
Read MoreSkuinskoek
As jy al ooit iets eg aan die Boesmanland wou eet, sal dit ‘n skuinskoek wees. Ek lees vandag dat tradisioneel is hierdie koekies gebak in die voortrekker jare vir padkos op die langpad, want hulle raak nie oud nie en muf ook nie. Hulle word net hard – en is dan nog lekkerder as…
Read MorePasteis De Nata (Portugese Vla Tertjies)
My nooi is in ‘n nartjie, my ouma in kaneel, daar’s iemand…iemand in anys, daar’s ‘n vrou in elke geur. – Sproeireën, DJ Opperman Melktert is trooskos. Dit was ‘n Vrydagmiddag bederf wanneer ons koshuiskinders op die plaas arriveer het na ‘n lang en honger week in die dorp. Melktert en moerkoffie. My ma het…
Read MoreKersfees Koekies
Ek kan ‘n boek skryf oor die oumas in my lewe. Ouma Ans was ‘n stoere boervrou wat daagliks moes boerbrood bak in die buite oond om haar 6 kinders en man te voed. Ouma Anna was ‘n fyn vroutjie wat vir jare lank in Zimbabwe aangebly het nadat sy en oupa van die plaas…
Read More