Maklike Ciabatta
Dis ‘n heerlike koue en reënerige dag hier in die Boesmanland! En alhoewel ek glo aan die lang en tradisionele manier van als doen het ek tog besluit om vandag ‘n vinnige Ciabatta resep te probeer vir saam met my pa se boontjiesop vir aandete (Hierdie resep deel ek ook binnekort met julle)
My tannie het altyd gesê dat meelgoed is haar dood. Brood, beskuit, vetkoek. En daardie gene loop verseker ook dik deur my are. Jy kan my omkoop met ‘n warm sny varsgebakte brood (enige vorm van brood) met dik gesmeerde plaasbotter bo-op, so dik dat jou tande merke maak wanneer jy daardeur byt. Dit bied ‘n soort troos teen die lewe se wreedheid, teen die werklikheid van Covid wat besig is om oor te neem, dit bied ook troos en warmte as die werêld buite toegevou is in ‘n misreën kombers.
Ek deel graag hiedie lekker maklike Ciabatta resep deur Herman Lensing.
Ek nooi jou nou hartlik om te kom brood breek aan my tafel en te vergeet van die koue en wrede werklikheid wat oral om ons heers. Ons dien ‘n groot en genadige God, onthou dit.
Met liefde uit die Boesmanland xxx