Resepte
‘n Suurdeegplantjie vir beginners
Geduld en uithouvermoe in die kombuis was nog nooit een van my sterkpunte nie. Ek was dus BAIE dapper die dag toe ek besluit het ek gaan nou my eie suurdeegplantjie kweek. (Of ek was net desperaat omdat die plantjies wat jy aanlyn koop so peperduur is en ek ‘n huismamma wat nie ‘n reuse…
Read MoreValentynsdag Veldfees
So cliché soos dit mag wees kan ek nie help om opgewonde te raak soos ons 14 Februarie 2022 nader nie! Ek was nog nooit groot op “valentynsdag” nie – die kommersiële aspek aan hierdie dag staan my glad nie aan nie. Ek voel egter om die liefde te vier is onvermydelik – of jy…
Read MoreTuisgemaakte Pasta
My ma was baie lief vir pasta. In haar Huiskos Resepteboek het sy ‘n Rykmanspasta met sampioene en spek in. Spek was nie iets waarmee ons groot geraak het nie – dit was ‘n luuksheid. Feta was “kaas wat in water gedryf het” en iets wat ons verseker ook nie geken het nie! En al…
Read MoreMelkkos uit my Plaaskombuis
“Op die reuk van pypkaneel vlieg ‘n engel deur my huis” sing ek lig van gemoed saam met Willie Strauss (ook ‘n boorling van ons wêreld) terwyl ek besig is om frummels te vryf in my meel en botter mengsel. Daar is net iets nostalgies aan die reuk van kaneel of dit nou in pannekoek,…
Read MoreKlapper en Hawermoutkoekies (Crunchies)
Met die geraas wat ons deesdae beleef tussen ‘n verskeidenheid van sosiale netwerke is dit so maklik om jouself te verloor. ‘n Vriendin laatweet vanoggend “Jong, my whatsapp was gisteraand gebreek. Facebook & Instagram ook!” Ons hele wêreld het vir ‘n wyle tot stilstand gekom. En dit het my skoon hartseer laat voel. Ek is…
Read MoreBotterskorsie Gnocchi
Die Boesmanland is bekend vir sy Augustus winde. Dit waai dat die wêreld wasig om jou word- genoeg om enige huisvrou stapelgek te maak. Die stof lê sentimeters diep op jou vensterbanke (al het jy vanoggend oral afgestof), die wind fluit om die hoeke van die huis en jy waag dit nie om ‘n deur…
Read MoreKaaskoek Trifle
Twee jaar terug het ek hierdie ongelooflike behoefte gehad om ‘n blog te begin. ‘n Blog wat kosstories vertel, herinneringe deel en van my gunsteling resepte uit my ma en ouma se kombuise deel. Ek was toe nog in Stellenbosch en my skrywes het my teruggeneem na ‘n grootword wêreld wat moeilik in woorde vasgevang…
Read More‘n Laaste keer
Hierdie week het ek met meer as een persoon die gesprek gehad oor “Wat as vandag jou laaste dag is?” ‘n Vraag wat al effens holrug gery is, maar wat my hierdie week anderster laat dink het. Die idee van “leef elke dag asof dit jou laaste is” is nogal vir my ‘n uitpuntende gedagte!…
Read MoreToe Sondae nog Sondae was
Ek verlang na die dae toe Sondae nog Sondae was. Toe winkels se deure nog op Sondae gesluit was – nie ‘n apteek, ‘n kafee of ‘n restaurant was oop nie. Ons was genoodsaak om op Sondae stadiger te leef en retrospeksie te doen oor die week wat verby is. Ons kon na kerk hande…
Read More‘n Boesmanlandse Kersfees
Kersfees is ‘n hoogtepunt op my jaarlikse kalender – nie oor Kersvader of geskenke nie (ons gee al die laaste paar jaar nie meer vir mekaar geskenke nie), maar oor die samesyn en die stilword. Die besef dat Sy enigste Seun aarde toe gestuur is om die pad vir ons te stap – die pad…
Read More