‘n Suurdeegplantjie vir beginners

Geduld en uithouvermoe in die kombuis was nog nooit een van my sterkpunte nie. Ek was dus BAIE dapper die dag toe ek besluit het ek gaan nou my eie suurdeegplantjie kweek. (Of ek was net desperaat omdat die plantjies wat jy aanlyn koop so peperduur is en ek ‘n huismamma wat nie ‘n reuse salaristjek aan die einde van elke maand kry nie =)

Ek het braaf by ChatGPT gaan aanklop met die vraag “How can I start my own sourdough starter. I really want to bake my own healthy bread for my family.” En so is Anna, my suurdeeg plantjie, toe gebore!

Die proses om die plantjie te begin was vir my vreeeeslik frustrerend en stadig. (En ek moet noem dat ek ook eers 2 plantjies weggegooi het voordat ek sukses behaal het met nr3!) Maar die genot wat ek daaruit put om weekliks vir my gesin self ‘n gesonde suurdeegbroodjie te bak, en een wat ek altyd weggee, maak die begin soveel beter.

So kies ‘n week wat jy braaf voel. En natuurlik heel week tuis is om na jou suurdeeg baba om te sien! As jy sukkel – gesels met my. Ek sal moed inpraat en help waar ek kan! As jy egter een van daardie persone is wat die kuns van “stadige suurdeeg” vinniger wil bemeester – laatweet my ook. Ek deel GRAAG my Anna baba’s uit en geniet dit vreeslik om te sien hoe hulle al landwyd sorg vir vele genotvolle kombuisoomblikke.

Van my gunsteling suurdeeg kenners om te volg op sosiale media:

Goeie boeke & blogs as suurdeeg hulpbronne:

Ek sal bogenoemde hulpbronne aanvul met tyd.

Hierdie suurdeegplantjie kan sodra hy verdubbel in volume na ‘n voeding gebruik word in ‘n legio resepte! Suurdeeg het ongelooflike waarde vir ons mikrobioom en daarom kan enige deeg resep “gesonder” gemaak word deur die byvoeging van suurdeegplantjie. Brode, pastas, fyngebak, muesli. Dis nou tyd om kreatief te raak en jou gesin se gesondheid eerste te stel!

Hou die blog dop vir verdere suurdeeg resepte, raad en natuurlik oor hoe om jou plantjie in stand te hou.

Baie liefde uit die Boesmanland xxx