‘n Suurdeegplantjie vir beginners

Geduld en uithouvermoe in die kombuis was nog nooit een van my sterkpunte nie. Ek was dus BAIE dapper die dag toe ek besluit het ek gaan nou my eie suurdeegplantjie kweek. (Of ek was net desperaat omdat die plantjies wat jy aanlyn koop so peperduur is en ek ‘n huismamma wat nie ‘n reuse…

Read More

2023 ‘n Diep jaar

Ons trek al by middel Januarie en uiteindelik kry ek tyd om ‘n oomblik agter my rekenaar in te skuif en sommer net vir elkeen van my lesers ‘n gelukkige en geseёnde 2023 toe te wens!  Ek luister verlede week op RSG waar Amore Bekker met die blydskapsnavorser Johannes De Villiers gesels oor ‘n diep…

Read More

Die Oestafel storie

Die ritme van ons lewe begin eis sy tol teen Desember en dan raak dit tyd vir ons almal om net stil te raak. Of jy nou Kersfees vier of nie, of jy jou huis se deure opgooi vir die hele familie (of die hele buurt) of nie – die maand van Desember het net…

Read More

‘n Naweek van kaasmaak in die Boesmanland

Tuinsalie verwelkom ons uitbundig met ons aanland op die Vissers se werf Vrydagmiddag 14h00.  Die pers blomme reik baldadig na die blou Boesmanlandse hemelruim.  Daar kom ‘n Afrikaan brak swaaistert aangehardloop voor sy eienaar uit.  Tiaan Visser – die man wat die Boesmanland op die map geplaas het met sy kase eg aan ons kontrei.…

Read More

Valentynsdag Veldfees

So cliché soos dit mag wees kan ek nie help om opgewonde te raak soos ons 14 Februarie 2022 nader nie! Ek was nog nooit groot op “valentynsdag” nie – die kommersiële aspek aan hierdie dag staan my glad nie aan nie. Ek voel egter om die liefde te vier is onvermydelik – of jy…

Read More

Vars-uit-die-boord Vyekoek

Ek het ‘n oor-die-berg buurtannie wat my gereeld bederf met lekkertes uit haar tuin en haar kombuis. Sy is ‘n vasvatter Boesmanland tannie wat dadelik haar huis vir my oopgegooi het toe ek as onsekere boervroutjie voet aan wal gesit het op Namies in 2019. Sy het 3 pragtige dogters van haar eie, wat almal…

Read More

2022 ‘n Jubeljaar

‘n Week terug vat ek die langpad Kaap toe met net myself as geselskap. Met dagbreek ry ek verby die vlaktes net duskant Pella en ek sien hoe die son stadig begin kop uitsteek agter my. Die Boesmanland ontwaak. Letterlik en figuurlik met groen grasspruite en fyn opslag wat skaam-skaam hul weg vind en kankerbosblomme…

Read More

Welkom by my Langtafel

Ek het groot geword op ‘n plaas waar ons eettafel samesyn my heel beste herinneringe is. My ma was ‘n ongelooflike, passievolle gasvrou. Soos ons lees in Hebreërs 13:2 het sy ook telke male engele as gaste gehuisves. Toe ek net 14 was is my ma na haar verewig huis. Sy’t baie dinge vir ons…

Read More