Stories
Stadig
“To live simply requires a more conscious, more considered state of mind. One that is calm and unhurried and undistracted” – A year of living simple, Kate Humble Hoe skryf ‘n mens uit oorvol gedagtes? Hoe kry jy dit reg om iets te deel waarvan jou hart so vol is – maar jou kop is…
Read MoreDie onthou van kos
Die geboorte van ons heel eerste dogtertjie was die inspirasie agter my nuuste hartsprojek wat vandag uiteindelik die lig sien: Brood & Botter Resepteboek. As vrou en ma kan ons, ons so afsloof in die kombuis. Kosmaak, skoonmaak, onthaal – als om ons gesin te dien. En vir ons kinders kan dit lyk asof daar…
Read MoreHemelkos
My pa is ‘n dogtertjie pa. Hy’s sag, maar tog ook een van die sterkste mense wat ek ken. Hy’s ‘n Boesmanlander in murg en been en ‘n absolute sout-van-die-aarde mens (Almal wat hom ken sal hiervan getuig!) Hy het ook ‘n gawe met woorde en kan iets baie mooi “raak” sê op sy eerlike…
Read MoreDie lewe is mooi
Ek stuur ‘n boodskap hierdie week vir ‘n vriendin met ‘n foto van ons klein babalyfie wat klou aan die koffietafel dat haar kneukels witsit, met ogies wat net-net uitsteek bo die tafel en ‘n televisiekamer besaai met speelgoed in die agtergrond. “’n Opsomming van my lewe tans. Hy’s op sy kop. Onderstebo, deurmekaar, voller…
Read MoreDie Oestafel storie
Die ritme van ons lewe begin eis sy tol teen Desember en dan raak dit tyd vir ons almal om net stil te raak. Of jy nou Kersfees vier of nie, of jy jou huis se deure opgooi vir die hele familie (of die hele buurt) of nie – die maand van Desember het net…
Read More‘n Naweek van kaasmaak in die Boesmanland
Tuinsalie verwelkom ons uitbundig met ons aanland op die Vissers se werf Vrydagmiddag 14h00. Die pers blomme reik baldadig na die blou Boesmanlandse hemelruim. Daar kom ‘n Afrikaan brak swaaistert aangehardloop voor sy eienaar uit. Tiaan Visser – die man wat die Boesmanland op die map geplaas het met sy kase eg aan ons kontrei.…
Read MoreUit ‘n Boesmanlandse plaaskombuis
Boervrou wees is ‘n hart, siel en gees ding. Ek stap nou al vir ongeveer 4 jaar die pad saam met die Boervrouens van die Boesmanland – dit was vier uitmergelende jare van droogte en swaarkry. Elke boervrou moes diep in haar menswees gaan grawe om net bietjie hoop te kry vir die dag van…
Read More2022 ‘n Jubeljaar
‘n Week terug vat ek die langpad Kaap toe met net myself as geselskap. Met dagbreek ry ek verby die vlaktes net duskant Pella en ek sien hoe die son stadig begin kop uitsteek agter my. Die Boesmanland ontwaak. Letterlik en figuurlik met groen grasspruite en fyn opslag wat skaam-skaam hul weg vind en kankerbosblomme…
Read MoreLiewe Ma
Ek het eenvoudig grootgeword. Met min goed waaraan ons kon waarde heg. Maar die binnekamers van ons harte was vol! En as ek nou terugkyk oor die 27 jaar wat agter my lê is ek stil tevrede en opreg dankbaar oor die grondslag wat gelê is. Ek het die laaste paar maande net keer op…
Read MoreVandag vier ek Ma
Dit is vandag die 12de een. 7 November 2008 voel skielik weer soos gister en realiteit kom kry lê-plek in my binneste. Maar vanoggend is my hart en gemoed sommer ook vol oor hierdie spesiale dag waarop ons my ma se menswees, haar hart, haar gasvryheid en elke stukkie mooi-onthou kan afstof en weer herleef. …
Read More