Melkkos uit my Plaaskombuis

Op die reuk van pypkaneel vlieg ‘n engel deur my huis” sing ek lig van gemoed saam met Willie Strauss (ook ‘n boorling van ons wêreld) terwyl ek besig is om frummels te vryf in my meel en botter mengsel. Daar is net iets nostalgies aan die reuk van kaneel of dit nou in pannekoek, melkkos of melktert is!

My ouma was wonderlik vernuftig as dit by die maak van melksnysels kom. Ons jonger generasie is egter altyd opsoek na iets wat vinniger en makliker is – so die ontstaan van frummels!

Gedurende die winter van 2021 het ek hierdie lekker Melkkos resep ontwikkel en stilleer vir Fitbest Training se blog – vir die engelse resep kliek gerus hier! Met die naweek se koue wat ons stadig bekruip het ek dit goedgedink om die resep te ver-Afrikaans vir al my gereelde lesers.

My wens vir jou hierdie week is dat vreugde deur jou menswees sal spoel soos die reuk van pypkaneel in ‘n plaaskombuis. Mag dit elke stukkie donker van jou siel deursypel!

Met liefde uit die Boesmanland xxx

Leave a Comment

You must be logged in to post a comment.