Ander
Stadig
“To live simply requires a more conscious, more considered state of mind. One that is calm and unhurried and undistracted” – A year of living simple, Kate Humble Hoe skryf ‘n mens uit oorvol gedagtes? Hoe kry jy dit reg om iets te deel waarvan jou hart so vol is – maar jou kop is…
Read MoreDie onthou van kos
Die geboorte van ons heel eerste dogtertjie was die inspirasie agter my nuuste hartsprojek wat vandag uiteindelik die lig sien: Brood & Botter Resepteboek. As vrou en ma kan ons, ons so afsloof in die kombuis. Kosmaak, skoonmaak, onthaal – als om ons gesin te dien. En vir ons kinders kan dit lyk asof daar…
Read More2023 ‘n Diep jaar
Ons trek al by middel Januarie en uiteindelik kry ek tyd om ‘n oomblik agter my rekenaar in te skuif en sommer net vir elkeen van my lesers ‘n gelukkige en geseёnde 2023 toe te wens! Ek luister verlede week op RSG waar Amore Bekker met die blydskapsnavorser Johannes De Villiers gesels oor ‘n diep…
Read MoreDie Oestafel storie
Die ritme van ons lewe begin eis sy tol teen Desember en dan raak dit tyd vir ons almal om net stil te raak. Of jy nou Kersfees vier of nie, of jy jou huis se deure opgooi vir die hele familie (of die hele buurt) of nie – die maand van Desember het net…
Read MoreValentynsdag Veldfees
So cliché soos dit mag wees kan ek nie help om opgewonde te raak soos ons 14 Februarie 2022 nader nie! Ek was nog nooit groot op “valentynsdag” nie – die kommersiële aspek aan hierdie dag staan my glad nie aan nie. Ek voel egter om die liefde te vier is onvermydelik – of jy…
Read MoreMelkkos uit my Plaaskombuis
“Op die reuk van pypkaneel vlieg ‘n engel deur my huis” sing ek lig van gemoed saam met Willie Strauss (ook ‘n boorling van ons wêreld) terwyl ek besig is om frummels te vryf in my meel en botter mengsel. Daar is net iets nostalgies aan die reuk van kaneel of dit nou in pannekoek,…
Read MoreBotterskorsie Gnocchi
Die Boesmanland is bekend vir sy Augustus winde. Dit waai dat die wêreld wasig om jou word- genoeg om enige huisvrou stapelgek te maak. Die stof lê sentimeters diep op jou vensterbanke (al het jy vanoggend oral afgestof), die wind fluit om die hoeke van die huis en jy waag dit nie om ‘n deur…
Read MoreSeëninge te midde van ‘n droogte
Hierdie is ‘n ongelooflike moeilike blog om te skryf – om verskeie redes: 1. Ek het al voorheen geskryf oor die droogte en daar word elke week daaroor berig in die media. Die tema “Droogte” is eintlik al holrug gery. Dit is egter steeds die realiteit van baie boere in ons land (en ons distrik)…
Read MoreRoosterkoek in ‘n takskerm
Van my beste grootword herinneringe is in ons takskerm op Makkiesplaas. My pa het vir ons ‘n skerm gebou met droeë asbosse en ‘n sementvloer met ‘n ronde braai in die middel van klip. Ons het elke Saterdagaand gaste oorgenooi en lang kuiers gekuier onder die Boesmanlandse sterrehemel om ‘n staanvuur. Dit was en is…
Read MoreKrummelpap
Die laaste 2 oggende was lekker koud in die Boesmanland. Gisteroggend het daar ‘n swaar bloute oor Namies kloof getrek toe die son sy eerste strale uitsteek. Sulke oggende verlang ek na grootword kuiers by oupa George en Ouma Suzie op hulle plaas net buite Sterkstroom. Jy het in die oggende wakker geword met die…
Read More