Die onthou van kos

Die geboorte van ons heel eerste dogtertjie was die inspirasie agter my nuuste hartsprojek wat vandag uiteindelik die lig sien: Brood & Botter Resepteboek. As vrou en ma kan ons, ons so afsloof in die kombuis. Kosmaak, skoonmaak, onthaal – als om ons gesin te dien. En vir ons kinders kan dit lyk asof daar…

Read More

Hemelkos

My pa is ‘n dogtertjie pa.  Hy’s sag, maar tog ook een van die sterkste mense wat ek ken.  Hy’s ‘n Boesmanlander in murg en been en ‘n absolute sout-van-die-aarde mens (Almal wat hom ken sal hiervan getuig!)  Hy het ook ‘n gawe met woorde en kan iets baie mooi “raak” sê op sy eerlike…

Read More

‘n Naweek van kaasmaak in die Boesmanland

Tuinsalie verwelkom ons uitbundig met ons aanland op die Vissers se werf Vrydagmiddag 14h00.  Die pers blomme reik baldadig na die blou Boesmanlandse hemelruim.  Daar kom ‘n Afrikaan brak swaaistert aangehardloop voor sy eienaar uit.  Tiaan Visser – die man wat die Boesmanland op die map geplaas het met sy kase eg aan ons kontrei.…

Read More

Valentynsdag Veldfees

So cliché soos dit mag wees kan ek nie help om opgewonde te raak soos ons 14 Februarie 2022 nader nie! Ek was nog nooit groot op “valentynsdag” nie – die kommersiële aspek aan hierdie dag staan my glad nie aan nie. Ek voel egter om die liefde te vier is onvermydelik – of jy…

Read More

Tuisgemaakte Pasta

My ma was baie lief vir pasta. In haar Huiskos Resepteboek het sy ‘n Rykmanspasta met sampioene en spek in. Spek was nie iets waarmee ons groot geraak het nie – dit was ‘n luuksheid. Feta was “kaas wat in water gedryf het” en iets wat ons verseker ook nie geken het nie! En al…

Read More

2022 ‘n Jubeljaar

‘n Week terug vat ek die langpad Kaap toe met net myself as geselskap. Met dagbreek ry ek verby die vlaktes net duskant Pella en ek sien hoe die son stadig begin kop uitsteek agter my. Die Boesmanland ontwaak. Letterlik en figuurlik met groen grasspruite en fyn opslag wat skaam-skaam hul weg vind en kankerbosblomme…

Read More

Melkkos uit my Plaaskombuis

“Op die reuk van pypkaneel vlieg ‘n engel deur my huis” sing ek lig van gemoed saam met Willie Strauss (ook ‘n boorling van ons wêreld) terwyl ek besig is om frummels te vryf in my meel en botter mengsel. Daar is net iets nostalgies aan die reuk van kaneel of dit nou in pannekoek,…

Read More

Klapper en Hawermoutkoekies (Crunchies)

Met die geraas wat ons deesdae beleef tussen ‘n verskeidenheid van sosiale netwerke is dit so maklik om jouself te verloor. ‘n Vriendin laatweet vanoggend “Jong, my whatsapp was gisteraand gebreek. Facebook & Instagram ook!” Ons hele wêreld het vir ‘n wyle tot stilstand gekom. En dit het my skoon hartseer laat voel. Ek is…

Read More

Botterskorsie Gnocchi

Die Boesmanland is bekend vir sy Augustus winde. Dit waai dat die wêreld wasig om jou word- genoeg om enige huisvrou stapelgek te maak. Die stof lê sentimeters diep op jou vensterbanke (al het jy vanoggend oral afgestof), die wind fluit om die hoeke van die huis en jy waag dit nie om ‘n deur…

Read More

‘n Laaste keer

Hierdie week het ek met meer as een persoon die gesprek gehad oor “Wat as vandag jou laaste dag is?” ‘n Vraag wat al effens holrug gery is, maar wat my hierdie week anderster laat dink het. Die idee van “leef elke dag asof dit jou laaste is” is nogal vir my ‘n uitpuntende gedagte!…

Read More