Posts Tagged ‘huiskos’
Seëninge te midde van ‘n droogte
Hierdie is ‘n ongelooflike moeilike blog om te skryf – om verskeie redes: 1. Ek het al voorheen geskryf oor die droogte en daar word elke week daaroor berig in die media. Die tema “Droogte” is eintlik al holrug gery. Dit is egter steeds die realiteit van baie boere in ons land (en ons distrik)…
Read MoreLam Pitas met Tzatziki & Microgreens
Ek het al in ‘n vorige blog vertel van ons Vrydagaand spyskaart as ons 3 sussies na ‘n lang koshuisweek vir die eerste keer weer die Boesmanland se lug inasem. My ma wat op die stoep staan met haar arms wydgesprei om ons by die huis te verwelkom. Dan moerkoffie en koshuisnuus opvang en vanaand…
Read MoreKleintyd Gunstelinge
As ek terugdink aan my kinderjare is daar ‘n paar dinge wat uitstaan. Ons het die voorreg gehad om kaalvoet op die Boesmanlandsevlaktes met draadkarre rond te hardloop, Gert van die buurplaas het vir my, my heel eerste blikkitaar met ‘n blou en wit BP olieblik gemaak en my heel eerste lappop, met die naam…
Read MoreBeskuit Nostalgie
Ons het grootgeword met boerbeskuit, mosbeskuit, karringmelkbeskuit en net so af en toe as ‘n bederf gesondheidsbeskuit. My pa het soggens vroeg opgestaan en vir ons moerkoffie gemaak. Soos ons kinders dan een-een ontwaak het, het daar moerkoffie en beskuit vir ons gewag in die kombuis. Later jare het my pa ons begin bederf met…
Read MoreMalva Poeding met ‘n twist
As ek ‘n lys moet maak van my 10 gunsteling Suid-Afrikaanse kosse sal Malva poeding ‘n ere plek hê. Dit laat my terugdink aan Sendingbasaar in Nanabees se stoor. Dit was ‘n jaarlikse gebeurtenis op ons kalender: Al die boere en werkers van die omgewing het bymekaar gekom by Tannie Leigh en oom Frances Visagie…
Read MoreBederf die bure
Ek was in my element toe ons inperktyd die eerste keer aangekondig word. Ek het onmiddelik my ma se resepteboeke uitgepak en entoesiasties begin kook en bak. My man was natuurlik ook in die 7de hemel aangesien hy slegs kookkos gewoond is op Sondae! Na my eerste week en ‘n half van ingeperk wees benader…
Read MoreSlinger-om-die-smoel
Vanaand was my Ouma Ans in my plaaskombuis… Niemand kon melkkos maak soos sy nie – sy was ook al een wat nie vir ons Spaghetti, Sago of melkkos frummels probeer opdis het as die ware jakob nie. Nie dat ek iets het teen laasgenoemde vorms van melkkos nie, dit is immers waarmee ek grootgeword…
Read MoreDie Boesmanland se tradisionele gereg
My oupa was ‘n boer. My pa boer steeds op ons familie plaas, Makkiesplaas, in die hartjie van die Boesmanland. My man boer ook, nes sy pa en oupa. En as daar een ding is wat hierdie manne in my lewe almal in gemeen het, is dit dat hulle regte boerekos kan waardeer. Erfeniskos. Kos…
Read MoreWelkom by my Langtafel
Ek het groot geword op ‘n plaas waar ons eettafel samesyn my heel beste herinneringe is. My ma was ‘n ongelooflike, passievolle gasvrou. Soos ons lees in Hebreërs 13:2 het sy ook telke male engele as gaste gehuisves. Toe ek net 14 was is my ma na haar verewig huis. Sy’t baie dinge vir ons…
Read More