Posts Tagged ‘trotssuidafrikaans’
Uit ‘n Boesmanlandse plaaskombuis
Boervrou wees is ‘n hart, siel en gees ding. Ek stap nou al vir ongeveer 4 jaar die pad saam met die Boervrouens van die Boesmanland – dit was vier uitmergelende jare van droogte en swaarkry. Elke boervrou moes diep in haar menswees gaan grawe om net bietjie hoop te kry vir die dag van…
Read MoreVars-uit-die-boord Vyekoek
Ek het ‘n oor-die-berg buurtannie wat my gereeld bederf met lekkertes uit haar tuin en haar kombuis. Sy is ‘n vasvatter Boesmanland tannie wat dadelik haar huis vir my oopgegooi het toe ek as onsekere boervroutjie voet aan wal gesit het op Namies in 2019. Sy het 3 pragtige dogters van haar eie, wat almal…
Read MoreMelkkos uit my Plaaskombuis
“Op die reuk van pypkaneel vlieg ‘n engel deur my huis” sing ek lig van gemoed saam met Willie Strauss (ook ‘n boorling van ons wêreld) terwyl ek besig is om frummels te vryf in my meel en botter mengsel. Daar is net iets nostalgies aan die reuk van kaneel of dit nou in pannekoek,…
Read MoreKlapper en Hawermoutkoekies (Crunchies)
Met die geraas wat ons deesdae beleef tussen ‘n verskeidenheid van sosiale netwerke is dit so maklik om jouself te verloor. ‘n Vriendin laatweet vanoggend “Jong, my whatsapp was gisteraand gebreek. Facebook & Instagram ook!” Ons hele wêreld het vir ‘n wyle tot stilstand gekom. En dit het my skoon hartseer laat voel. Ek is…
Read MoreRoosterkoek in ‘n takskerm
Van my beste grootword herinneringe is in ons takskerm op Makkiesplaas. My pa het vir ons ‘n skerm gebou met droeë asbosse en ‘n sementvloer met ‘n ronde braai in die middel van klip. Ons het elke Saterdagaand gaste oorgenooi en lang kuiers gekuier onder die Boesmanlandse sterrehemel om ‘n staanvuur. Dit was en is…
Read MoreMalva Poeding met ‘n twist
As ek ‘n lys moet maak van my 10 gunsteling Suid-Afrikaanse kosse sal Malva poeding ‘n ere plek hê. Dit laat my terugdink aan Sendingbasaar in Nanabees se stoor. Dit was ‘n jaarlikse gebeurtenis op ons kalender: Al die boere en werkers van die omgewing het bymekaar gekom by Tannie Leigh en oom Frances Visagie…
Read MoreBederf die bure Resep 3
Daar is al wat ‘n uitdaging besig om die rondtes te doen op sosiale media en daarom wil ek met Langtafel ook ‘n uitdaging begin naamlik #bederfjoubure. Ek gaan 3 lekker maklike reseppies deel (gunstelinge uit my jongerdae) en ek daag elke leser uit om een van hierdie reseppies te probeer (of enige ander resep…
Read MoreSlinger-om-die-smoel
Vanaand was my Ouma Ans in my plaaskombuis… Niemand kon melkkos maak soos sy nie – sy was ook al een wat nie vir ons Spaghetti, Sago of melkkos frummels probeer opdis het as die ware jakob nie. Nie dat ek iets het teen laasgenoemde vorms van melkkos nie, dit is immers waarmee ek grootgeword…
Read More‘n Boere Bunny Chow
Kersfees 2019 was vir ons familie een vir die boeke. Ons was vir die eerste keer sedert 2011 die hele familie bymekaar op Makkiesplaas (Dit sluit nou alle aangetroudes sowel as kleinkinders in) 6 Kinders, 5 Gardes en 6 kleinkinders. Oupa en ouma was in hulle noppies oor hierdie voorreg om so iets te kon…
Read More