Boervrou wees in die Boesmanland

Ek wil net hierdie blog begin deur uit te klaar dat ek hoegenaamd nog nie kwalifiseer as ‘n boervrou in hierdie wêreld van ons nie. Alhoewel my wortels nog altyd hier in die Boesmanland lê, is dit nou eers amper twee jaar wat ek woon in ons klip plaashuis met sy vriendelike stoep en lowergroen…

Read More

Kleintyd Gunstelinge

As ek terugdink aan my kinderjare is daar ‘n paar dinge wat uitstaan. Ons het die voorreg gehad om kaalvoet op die Boesmanlandsevlaktes met draadkarre rond te hardloop, Gert van die buurplaas het vir my, my heel eerste blikkitaar met ‘n blou en wit BP olieblik gemaak en my heel eerste lappop, met die naam…

Read More

Lamskerrie

Ek was nog nooit gaande oor Kerrie nie. Ek het altyd die vermoede gehad dat dit weens die oormaat Bobotie was wat ons in Huis Unitas (Kakamas se meisieskoshuis) gekry het. Ek het eers hierdie jaar tot die besef gekom dat dit selgs Bobotie is wat die probleem is. Die eier, die rosyntjies en die…

Read More

Boesmanlandse Biltongsop

So paar weke terug het ek die voorreg gehad om vir die heel eerste keer saam met my skoonfamilie bees te slag. Beesslag op Makkiesplaas was altyd ‘n groot gebeurtenis. Ons gesin is in verskillende kommitees opgedeel en elkeen het sy taak met oorgawe gedoen. My ma moes my pa help biltonge sny, sy was…

Read More

Droogtehulp Tamaties

Die Boesmanland is droog. Pikswart, stowwerig, kurkdroog. Ek lees verlede week in die nuus van ‘n boer wat sy eie lewe geneem het, met die opskrif: “Die droogte dagvaar nie, dit is banke wat dagvaar” En ek besef ons hele land is droog, tot in die kern van ons stuk aarde. Almal se moed is…

Read More

Maklike Ciabatta

Dis ‘n heerlike koue en reënerige dag hier in die Boesmanland! En alhoewel ek glo aan die lang en tradisionele manier van als doen het ek tog besluit om vandag ‘n vinnige Ciabatta resep te probeer vir saam met my pa se boontjiesop vir aandete (Hierdie resep deel ek ook binnekort met julle) My tannie…

Read More

Taai Hoendervlerkies

Ek en my man het in 2015 die voorreg gehad om Thailand toe te gaan. My pa was baie op sy senuwees oor sy avontuurlustige jongste. “Marli-bok, pa was nog nie eers op Pella nie. Hoekom toer julle nie maar net in ons eie omgewing nie?” Ek het op die ou einde teen my pa…

Read More

Skilpadjies

Ons het ‘n ryk geskiedenis van afval en afvalligheidjies hier in ons wêreld.  Met bietjie navorsing het ek afgekom op ‘n skrywe van ‘n Vyftiende-eeuse Duitse resep vir Kalfslewer in netvet in Das Buoch von guoter Spise.  Die kalfslewer is fyngemaak, gemeng met spek, korente, eiers en beskuitkrummels en in netvet toegevou in die pan…

Read More

Suurlemoen Meringue Tert

Die tekens van die winter raak al hoe meer sigbaar hier op die plaas. Ons wingerd is goud verkleur en die son vat elke oggend bietjie langer om sy kop uit te steek agter die berge. Hulle voorspel vir komende week ons heel eerste ryp. Ek en my skoonpa gesels nourie dag oor die geure…

Read More

Beskuit Nostalgie

Ons het grootgeword met boerbeskuit, mosbeskuit, karringmelkbeskuit en net so af en toe as ‘n bederf gesondheidsbeskuit. My pa het soggens vroeg opgestaan en vir ons moerkoffie gemaak. Soos ons kinders dan een-een ontwaak het, het daar moerkoffie en beskuit vir ons gewag in die kombuis. Later jare het my pa ons begin bederf met…

Read More