‘n Laaste keer

Hierdie week het ek met meer as een persoon die gesprek gehad oor “Wat as vandag jou laaste dag is?” ‘n Vraag wat al effens holrug gery is, maar wat my hierdie week anderster laat dink het. Die idee van “leef elke dag asof dit jou laaste is” is nogal vir my ‘n uitpuntende gedagte!…

Read More

Toe Sondae nog Sondae was

Ek verlang na die dae toe Sondae nog Sondae was.  Toe winkels se deure nog op Sondae gesluit was – nie ‘n apteek, ‘n kafee of ‘n restaurant was oop nie.  Ons was genoodsaak om op Sondae stadiger te leef en retrospeksie te doen oor die week wat verby is.  Ons kon na kerk hande…

Read More

‘n Boesmanlandse Kersfees

Kersfees is ‘n hoogtepunt op my jaarlikse kalender – nie oor Kersvader of geskenke nie (ons gee al die laaste paar jaar nie meer vir mekaar geskenke nie), maar oor die samesyn en die stilword. Die besef dat Sy enigste Seun aarde toe gestuur is om die pad vir ons te stap – die pad…

Read More

Seëninge te midde van ‘n droogte

Hierdie is ‘n ongelooflike moeilike blog om te skryf – om verskeie redes: 1. Ek het al voorheen geskryf oor die droogte en daar word elke week daaroor berig in die media. Die tema “Droogte” is eintlik al holrug gery. Dit is egter steeds die realiteit van baie boere in ons land (en ons distrik)…

Read More

Vandag vier ek Ma

Dit is vandag die 12de een.  7 November 2008 voel skielik weer soos gister en realiteit kom kry lê-plek in my binneste. Maar vanoggend is my hart en gemoed sommer ook vol oor hierdie spesiale dag waarop ons my ma se menswees, haar hart, haar gasvryheid en elke stukkie mooi-onthou kan afstof en weer herleef. …

Read More

Wintervakansies in die Boesmanland

Dis koud en nat en winderig in die Boesmanland gedurende wintermaande.  Die waterpype sit witgeryp in die oggend en die bakkies sukkel om te start.  Dis sprokiesmooi, maar onsmaaklik as jy jou loon buite moet verdien.  Ek besef om op die 1ste Oktober te blog oor wintervakansies is effe uit plek uit, maar vanoggend lê…

Read More

Pap se storie

Die storie van mieliepap het begin toe ons voorouers met Ossewaens oor die Drakensberge getrek het.  Mieliemeel is deur Portugese aangekoop en gebring na Afrika. Dit was stapelvoesel en is vandag nogsteeds in die meeste dele van Suidelike Afrika weens die rede dat dit goedkoop is, baie maklik gestoor kan word en vinnig is om…

Read More

Gin & Tonic Kaaskoek

Koffietyd is vir my groot. As Hoërskool kind onthou ek dat ek naweke van elke koffietyd ‘n okasie gemaak het (Ons Nelle is kosmense en soek geleenthede om te kan eet!) Daar was altyd Plungerkoffie en dan ‘n koek, tert, Pavlova, skuinskoek, varsgebakte beskuit of enige ander soet resep waarop ek my hande kon lê.…

Read More

Roosterkoek in ‘n takskerm

Van my beste grootword herinneringe is in ons takskerm op Makkiesplaas. My pa het vir ons ‘n skerm gebou met droeë asbosse en ‘n sementvloer met ‘n ronde braai in die middel van klip. Ons het elke Saterdagaand gaste oorgenooi en lang kuiers gekuier onder die Boesmanlandse sterrehemel om ‘n staanvuur. Dit was en is…

Read More

Lam Pitas met Tzatziki & Microgreens

Ek het al in ‘n vorige blog vertel van ons Vrydagaand spyskaart as ons 3 sussies na ‘n lang koshuisweek vir die eerste keer weer die Boesmanland se lug inasem. My ma wat op die stoep staan met haar arms wydgesprei om ons by die huis te verwelkom. Dan moerkoffie en koshuisnuus opvang en vanaand…

Read More