Rooivleis
Tuisgemaakte Pasta
My ma was baie lief vir pasta. In haar Huiskos Resepteboek het sy ‘n Rykmanspasta met sampioene en spek in. Spek was nie iets waarmee ons groot geraak het nie – dit was ‘n luuksheid. Feta was “kaas wat in water gedryf het” en iets wat ons verseker ook nie geken het nie! En al…
Read MoreToe Sondae nog Sondae was
Ek verlang na die dae toe Sondae nog Sondae was. Toe winkels se deure nog op Sondae gesluit was – nie ‘n apteek, ‘n kafee of ‘n restaurant was oop nie. Ons was genoodsaak om op Sondae stadiger te leef en retrospeksie te doen oor die week wat verby is. Ons kon na kerk hande…
Read MoreWintervakansies in die Boesmanland
Dis koud en nat en winderig in die Boesmanland gedurende wintermaande. Die waterpype sit witgeryp in die oggend en die bakkies sukkel om te start. Dis sprokiesmooi, maar onsmaaklik as jy jou loon buite moet verdien. Ek besef om op die 1ste Oktober te blog oor wintervakansies is effe uit plek uit, maar vanoggend lê…
Read MoreLam Pitas met Tzatziki & Microgreens
Ek het al in ‘n vorige blog vertel van ons Vrydagaand spyskaart as ons 3 sussies na ‘n lang koshuisweek vir die eerste keer weer die Boesmanland se lug inasem. My ma wat op die stoep staan met haar arms wydgesprei om ons by die huis te verwelkom. Dan moerkoffie en koshuisnuus opvang en vanaand…
Read MoreLamskerrie
Ek was nog nooit gaande oor Kerrie nie. Ek het altyd die vermoede gehad dat dit weens die oormaat Bobotie was wat ons in Huis Unitas (Kakamas se meisieskoshuis) gekry het. Ek het eers hierdie jaar tot die besef gekom dat dit selgs Bobotie is wat die probleem is. Die eier, die rosyntjies en die…
Read MoreBoesmanlandse Biltongsop
So paar weke terug het ek die voorreg gehad om vir die heel eerste keer saam met my skoonfamilie bees te slag. Beesslag op Makkiesplaas was altyd ‘n groot gebeurtenis. Ons gesin is in verskillende kommitees opgedeel en elkeen het sy taak met oorgawe gedoen. My ma moes my pa help biltonge sny, sy was…
Read MoreSkilpadjies
Ons het ‘n ryk geskiedenis van afval en afvalligheidjies hier in ons wêreld. Met bietjie navorsing het ek afgekom op ‘n skrywe van ‘n Vyftiende-eeuse Duitse resep vir Kalfslewer in netvet in Das Buoch von guoter Spise. Die kalfslewer is fyngemaak, gemeng met spek, korente, eiers en beskuitkrummels en in netvet toegevou in die pan…
Read MoreBoesmanland Schnitzel
Ek was vir 15 jaar van my lewe in die koshuis. Ek het as graad 1’tjie, haasbek en met knop knieë, by Huis Unitas ingestap in 2001. Ek onthou hoe my ma op Maandae altyd my sakke vir my gaan uitpak het en ‘n bederf onder my kussing gebêre het om die hartseer van agterbly…
Read MoreOuma Niempie se Vetkoek
As daar nou een gereg is wat Suid-Afrika se erfenis mooi opsom is dit vetkoek en kerriemaalvleis. Of vetkoek en tuisgemaakte konfyt. Of my gunsteling: vetkoek en dik gesmeerde plaasbotter met Bovril. ‘n Vetkoek is eg aan enige kombuis: die blinke, die plaaskombuis of selfs die veld kaia. Dit herinner my waarvan ek vandaan kom,…
Read MoreSlagdag in die Boesmanland
Vandag se Nostalgie resep is bietjie anders en val dalk nou nie in almal se smaak nie. Maar as jy in onse wêreld grootgeraak het, het jy al van kleintyd af geleer “Ons gooi niks weg nie.” Selfs met slagdag in die Boesmanland word elke krieseltjie van die skaap bewerk. Ek ken van vaalafval en…
Read More