Ouma Niempie se Vetkoek
As daar nou een gereg is wat Suid-Afrika se erfenis mooi opsom is dit vetkoek en kerriemaalvleis. Of vetkoek en tuisgemaakte konfyt. Of my gunsteling: vetkoek en dik gesmeerde plaasbotter met Bovril. ‘n Vetkoek is eg aan enige kombuis: die blinke, die plaaskombuis of selfs die veld kaia. Dit herinner my waarvan ek vandaan kom, en dit maak my hart warm oor ons land en sy ryke kos geskiedenis.
As koshuiskind het ons baie vetkoek geëet, hulle was lekker vullend (Groot, solliede vetkoeke – redelik gewigtig) As jy al ooit in ‘n koshuis was sal jy nou presies weet waarvan ek praat. Op Makkiesplaas het my ma egter hol, uitgepofde, goudbruin vetkoek op die Aga stoof gebak. My groot Ouma Niempie se resep. En ek raak vandag steeds liries oor hierdie vetkoek. Toe ek bietjie dag terug vir Manlief hierdie delikatesse voorberei, het hy baie geskok gevra: “Nou waarom sal jy jou vetkoek wil hol maak? Hoeveel gaan ek nou moet eet om vol te kom” Hy het egter gou die geheim agtergekom – hierdie vetkoek is juis so lekker omdat jy hom boeppêns kan stop met plaas lekkernye!
Ek deel graag hierdie stukkie kosliefde uit my ouma Niempie se kombuis.
Met liefde uit die Boesmanland xxx
1 Comment
Leave a Comment
You must be logged in to post a comment.
Pragtig!Laat my net verlang!