Dis tyd vir feesvier

Vir die afgelope jaar was ek op ‘n ongelooflike Nostalgie reis na my grootwordplek, die Boesmanland. Ek het in my plaaskombuis die streekskos van ons wêreld leer kook en ken. Ons Nelle was nog altyd kosmense en toe trou ek ook in ‘n kos-familie in! Met elke geleentheid word die spyskaart sorgvuldig beplan en die…

Read More

Koningskos

“Waarom ‘n Koning nie kaiings ken nie, is moeilik te verklaar Die rykes ken ook nie kaiings nie, hulle kry net so swaar Maar van brood alleen kan mens ook nie leef nie Dis ‘n lewenswet As jy nie het wat jy wil eet nie Eet dan wat jy het!” – Fanus Rautenbach In die…

Read More

Skuinskoek

As jy al ooit iets eg aan die Boesmanland wou eet, sal dit ‘n skuinskoek wees. Ek lees vandag dat tradisioneel is hierdie koekies gebak in die voortrekker jare vir padkos op die langpad, want hulle raak nie oud nie en muf ook nie. Hulle word net hard – en is dan nog lekkerder as…

Read More

Slinger-om-die-smoel

Vanaand was my Ouma Ans in my plaaskombuis… Niemand kon melkkos maak soos sy nie – sy was ook al een wat nie vir ons Spaghetti, Sago of melkkos frummels probeer opdis het as die ware jakob nie. Nie dat ek iets het teen laasgenoemde vorms van melkkos nie, dit is immers waarmee ek grootgeword…

Read More

Pasteis De Nata (Portugese Vla Tertjies)

My nooi is in ‘n nartjie, my ouma in kaneel, daar’s iemand…iemand in anys, daar’s ‘n vrou in elke geur. – Sproeireën, DJ Opperman Melktert is trooskos. Dit was ‘n Vrydagmiddag bederf wanneer ons koshuiskinders op die plaas arriveer het na ‘n lang en honger week in die dorp. Melktert en moerkoffie. My ma het…

Read More

‘n Boere Bunny Chow

Kersfees 2019 was vir ons familie een vir die boeke. Ons was vir die eerste keer sedert 2011 die hele familie bymekaar op Makkiesplaas (Dit sluit nou alle aangetroudes sowel as kleinkinders in) 6 Kinders, 5 Gardes en 6 kleinkinders. Oupa en ouma was in hulle noppies oor hierdie voorreg om so iets te kon…

Read More

‘n Dag van feesvier

En hier slaan dag 7 van #salockdown my ‘n sitskoot. My gemoed is bitter, galbitter. Vandag is ‘n dag van feesvier in ons familie, en ek sit alleen by my huis. Ons vier vandag my Marietjie-sussie se geboorte dag, so ook kleine Amé se geboorte dag. Dit is my pa en Tannie Marinda se 9de…

Read More

Die skaap se rib

Vra jy ‘n Boesmanlander wat is sy gunsteling gedeelte van die skaap (om te eet), sal 99% jou antwoord: Die Rib, die Kop of die afval. Ek en my skoonma het al begin spot dat dit net die “inkomers” in die Boesmanland is wat nie die rib kan waardeer nie. My ma was ook ‘n…

Read More

Die Boesmanland se tradisionele gereg

My oupa was ‘n boer. My pa boer steeds op ons familie plaas, Makkiesplaas, in die hartjie van die Boesmanland. My man boer ook, nes sy pa en oupa. En as daar een ding is wat hierdie manne in my lewe almal in gemeen het, is dit dat hulle regte boerekos kan waardeer. Erfeniskos. Kos…

Read More

Boerbrood

In Markus 14 lees ons waar die paasmaaltyd voorberei word en waar Jesus die nagmaal instel. Hy het die brood geneem en die seën gevra. Die brood is simboliek vir Sy liggaam. Die brood is heilig. En alhoewel in die Bybel verwys word na ongesuurde brood, is die hele ritueel agter broodbak vir my ook…

Read More