Moedersdag Rice Krispie Treats

Hierdie is ‘n maklike Moedersdag resep wat aangepas kan word na elkeen se smaak! Vir ‘n effens taaier en sagter koekie voeg nog malvalekkers by. Vir meer krakerigheid voeg nog Rice Krispies by. Ek besef jy het nie noodwendig ‘n resep nodig om hierdie lekkertes aanmekaar te slaan nie, maar ek deel graag die manier…

Read More

Kaaskoek Trifle

Twee jaar terug het ek hierdie ongelooflike behoefte gehad om ‘n blog te begin. ‘n Blog wat kosstories vertel, herinneringe deel en van my gunsteling resepte uit my ma en ouma se kombuise deel. Ek was toe nog in Stellenbosch en my skrywes het my teruggeneem na ‘n grootword wêreld wat moeilik in woorde vasgevang…

Read More

Gin & Tonic Kaaskoek

Koffietyd is vir my groot. As Hoërskool kind onthou ek dat ek naweke van elke koffietyd ‘n okasie gemaak het (Ons Nelle is kosmense en soek geleenthede om te kan eet!) Daar was altyd Plungerkoffie en dan ‘n koek, tert, Pavlova, skuinskoek, varsgebakte beskuit of enige ander soet resep waarop ek my hande kon lê.…

Read More

Boervrou wees in die Boesmanland

Ek wil net hierdie blog begin deur uit te klaar dat ek hoegenaamd nog nie kwalifiseer as ‘n boervrou in hierdie wêreld van ons nie. Alhoewel my wortels nog altyd hier in die Boesmanland lê, is dit nou eers amper twee jaar wat ek woon in ons klip plaashuis met sy vriendelike stoep en lowergroen…

Read More

Kleintyd Gunstelinge

As ek terugdink aan my kinderjare is daar ‘n paar dinge wat uitstaan. Ons het die voorreg gehad om kaalvoet op die Boesmanlandsevlaktes met draadkarre rond te hardloop, Gert van die buurplaas het vir my, my heel eerste blikkitaar met ‘n blou en wit BP olieblik gemaak en my heel eerste lappop, met die naam…

Read More

Malva Poeding met ‘n twist

As ek ‘n lys moet maak van my 10 gunsteling Suid-Afrikaanse kosse sal Malva poeding ‘n ere plek hê.  Dit laat my terugdink aan Sendingbasaar in Nanabees se stoor.  Dit was ‘n jaarlikse gebeurtenis op ons kalender:  Al die boere en werkers van die omgewing het bymekaar gekom by Tannie Leigh en oom Frances Visagie…

Read More

Pannekoek Weer

Vanoggend word ons wakker met sagte druppels wat op ons sinkdak val. Die grond ruik klam. God se genade is goed. Ons sien al vir die laaste week hierdie reënt nader kom op die weervoorspelling. Maar hulle ken nie die Boesmanland nie. Hulle gee ons gewoontlik hoop en dan kom daar niks daarvan. Die boere…

Read More

Pasteis De Nata (Portugese Vla Tertjies)

My nooi is in ‘n nartjie, my ouma in kaneel, daar’s iemand…iemand in anys, daar’s ‘n vrou in elke geur. – Sproeireën, DJ Opperman Melktert is trooskos. Dit was ‘n Vrydagmiddag bederf wanneer ons koshuiskinders op die plaas arriveer het na ‘n lang en honger week in die dorp. Melktert en moerkoffie. My ma het…

Read More