Moedersdag Rice Krispie Treats
Hierdie is ‘n maklike Moedersdag resep wat aangepas kan word na elkeen se smaak! Vir ‘n effens taaier en sagter koekie voeg nog malvalekkers by. Vir meer krakerigheid voeg nog Rice Krispies by.
Ek besef jy het nie noodwendig ‘n resep nodig om hierdie lekkertes aanmekaar te slaan nie, maar ek deel graag die manier waarop ons dit nog al die jare maak!
Vinnige kombuis wenke vir die maak van Rice Krispie Treats
- Maak seker jou mikrogolfbak is groot genoeg om te verhoed dat die malvalekkers oorkook as dit begin smelt
- Die resep werk net so lekker op die stoof! Roer aanhoudend terwyl die botter en malvalekkers smelt
- Wanneer jy die blokkies vasdruk werk liggies met die agterkant van ‘n spatula wat vooraf met botter gesmeer is. Indien jy die mengsel te hard vasdruk sal dit ‘n harde en kompakte blokkie tot gevolg hê.
- Pas jou verhouding malvalekkers tot Rice Krispies aan volgens jou smaak! Meer Malvalekkers het ‘n sagte, lekker taai blokkie tot gevolg
- Indien jou treats moet pas by ‘n spesifieke partyjietema gebruik wit Malvalekkers en voeg kleursel by!
Daarsy, tyd om jou kleinding kombuis toe te nooi, moue op te rol en saam te begin met moedersdag voorbereidings. Geniet!
Mag hierdie moedersdag (en voorbereidings daartoe) vir die hele gesin vele pret en herinneringe inhou! Koester dit en bêre dit diep vir anderdag se onthou.
Met liefde uit my Boesmanland kombuis xxx
1 Comment
Leave a Comment
You must be logged in to post a comment.
Hi O HEERLIK KAN NIE STOP NIE