Posts Tagged ‘trooskos’
Malva Poeding met ‘n twist
As ek ‘n lys moet maak van my 10 gunsteling Suid-Afrikaanse kosse sal Malva poeding ‘n ere plek hê. Dit laat my terugdink aan Sendingbasaar in Nanabees se stoor. Dit was ‘n jaarlikse gebeurtenis op ons kalender: Al die boere en werkers van die omgewing het bymekaar gekom by Tannie Leigh en oom Frances Visagie…
Read MorePannekoek Weer
Vanoggend word ons wakker met sagte druppels wat op ons sinkdak val. Die grond ruik klam. God se genade is goed. Ons sien al vir die laaste week hierdie reënt nader kom op die weervoorspelling. Maar hulle ken nie die Boesmanland nie. Hulle gee ons gewoontlik hoop en dan kom daar niks daarvan. Die boere…
Read MoreMosbolletjies
Mosbolletjies vermoed ek moet van dieselfde kosfamilie kom as skuinskoek. Die deeg is baie dieselfde, die anys gee albei sy kenmerkende soet geur en albei het ‘n ongelooflike troostende uitwerking op die gemoed. Vandag sou ons amptelike laaste dag van inperking gewees het en ek dink daar is baie mamma’s (en verseker ook ‘n paar…
Read MoreBederf die bure Resep 3
Daar is al wat ‘n uitdaging besig om die rondtes te doen op sosiale media en daarom wil ek met Langtafel ook ‘n uitdaging begin naamlik #bederfjoubure. Ek gaan 3 lekker maklike reseppies deel (gunstelinge uit my jongerdae) en ek daag elke leser uit om een van hierdie reseppies te probeer (of enige ander resep…
Read MoreBederf die bure
Ek was in my element toe ons inperktyd die eerste keer aangekondig word. Ek het onmiddelik my ma se resepteboeke uitgepak en entoesiasties begin kook en bak. My man was natuurlik ook in die 7de hemel aangesien hy slegs kookkos gewoond is op Sondae! Na my eerste week en ‘n half van ingeperk wees benader…
Read MoreSlinger-om-die-smoel
Vanaand was my Ouma Ans in my plaaskombuis… Niemand kon melkkos maak soos sy nie – sy was ook al een wat nie vir ons Spaghetti, Sago of melkkos frummels probeer opdis het as die ware jakob nie. Nie dat ek iets het teen laasgenoemde vorms van melkkos nie, dit is immers waarmee ek grootgeword…
Read More‘n Boere Bunny Chow
Kersfees 2019 was vir ons familie een vir die boeke. Ons was vir die eerste keer sedert 2011 die hele familie bymekaar op Makkiesplaas (Dit sluit nou alle aangetroudes sowel as kleinkinders in) 6 Kinders, 5 Gardes en 6 kleinkinders. Oupa en ouma was in hulle noppies oor hierdie voorreg om so iets te kon…
Read MoreBoerbrood
In Markus 14 lees ons waar die paasmaaltyd voorberei word en waar Jesus die nagmaal instel. Hy het die brood geneem en die seën gevra. Die brood is simboliek vir Sy liggaam. Die brood is heilig. En alhoewel in die Bybel verwys word na ongesuurde brood, is die hele ritueel agter broodbak vir my ook…
Read MoreGee ons vandag ons daagse brood
Daar is niks so nostalgies soos ‘n sny vars gebakte brood nie! Ek onthou winter maande voor ons ou Aga stoof in die plaaskombuis. Die reuk van gebakte brood wanneer ons koshuiskinders op ‘n Vrydagaand by die huis kom. Hierdie brood word nog op die ou manier gedoen met volgraan meel en sonder enige fieterjasies.…
Read More