Gee ons vandag ons daagse brood

Daar is niks so nostalgies soos ‘n sny vars gebakte brood nie! Ek onthou winter maande voor ons ou Aga stoof in die plaaskombuis. Die reuk van gebakte brood wanneer ons koshuiskinders op ‘n Vrydagaand by die huis kom. Hierdie brood word nog op die ou manier gedoen met volgraan meel en sonder enige fieterjasies. Dis heerlik as jy dit warm eet saam met regte botter en vars vyekonfyt!

Met liefde uit die Boesmanland xxx

Leave a Comment

You must be logged in to post a comment.