Die onthou van kos

Die geboorte van ons heel eerste dogtertjie was die inspirasie agter my nuuste hartsprojek wat vandag uiteindelik die lig sien: Brood & Botter Resepteboek. As vrou en ma kan ons, ons so afsloof in die kombuis. Kosmaak, skoonmaak, onthaal – als om ons gesin te dien. En vir ons kinders kan dit lyk asof daar…

Read More

Die lewe is mooi

Ek stuur ‘n boodskap hierdie week vir ‘n vriendin met ‘n foto van ons klein babalyfie wat klou aan die koffietafel dat haar kneukels witsit, met ogies wat net-net uitsteek bo die tafel en ‘n televisiekamer besaai met speelgoed in die agtergrond.  “’n Opsomming van my lewe tans.  Hy’s op sy kop.  Onderstebo, deurmekaar, voller…

Read More

2023 ‘n Diep jaar

Ons trek al by middel Januarie en uiteindelik kry ek tyd om ‘n oomblik agter my rekenaar in te skuif en sommer net vir elkeen van my lesers ‘n gelukkige en geseёnde 2023 toe te wens!  Ek luister verlede week op RSG waar Amore Bekker met die blydskapsnavorser Johannes De Villiers gesels oor ‘n diep…

Read More

Die Oestafel storie

Die ritme van ons lewe begin eis sy tol teen Desember en dan raak dit tyd vir ons almal om net stil te raak. Of jy nou Kersfees vier of nie, of jy jou huis se deure opgooi vir die hele familie (of die hele buurt) of nie – die maand van Desember het net…

Read More

‘n Naweek van kaasmaak in die Boesmanland

Tuinsalie verwelkom ons uitbundig met ons aanland op die Vissers se werf Vrydagmiddag 14h00.  Die pers blomme reik baldadig na die blou Boesmanlandse hemelruim.  Daar kom ‘n Afrikaan brak swaaistert aangehardloop voor sy eienaar uit.  Tiaan Visser – die man wat die Boesmanland op die map geplaas het met sy kase eg aan ons kontrei.…

Read More

Valentynsdag Veldfees

So cliché soos dit mag wees kan ek nie help om opgewonde te raak soos ons 14 Februarie 2022 nader nie! Ek was nog nooit groot op “valentynsdag” nie – die kommersiële aspek aan hierdie dag staan my glad nie aan nie. Ek voel egter om die liefde te vier is onvermydelik – of jy…

Read More

Tuisgemaakte Pasta

My ma was baie lief vir pasta. In haar Huiskos Resepteboek het sy ‘n Rykmanspasta met sampioene en spek in. Spek was nie iets waarmee ons groot geraak het nie – dit was ‘n luuksheid. Feta was “kaas wat in water gedryf het” en iets wat ons verseker ook nie geken het nie! En al…

Read More

Vars-uit-die-boord Vyekoek

Ek het ‘n oor-die-berg buurtannie wat my gereeld bederf met lekkertes uit haar tuin en haar kombuis. Sy is ‘n vasvatter Boesmanland tannie wat dadelik haar huis vir my oopgegooi het toe ek as onsekere boervroutjie voet aan wal gesit het op Namies in 2019. Sy het 3 pragtige dogters van haar eie, wat almal…

Read More

2022 ‘n Jubeljaar

‘n Week terug vat ek die langpad Kaap toe met net myself as geselskap. Met dagbreek ry ek verby die vlaktes net duskant Pella en ek sien hoe die son stadig begin kop uitsteek agter my. Die Boesmanland ontwaak. Letterlik en figuurlik met groen grasspruite en fyn opslag wat skaam-skaam hul weg vind en kankerbosblomme…

Read More

Kleintyd Gunstelinge

As ek terugdink aan my kinderjare is daar ‘n paar dinge wat uitstaan. Ons het die voorreg gehad om kaalvoet op die Boesmanlandsevlaktes met draadkarre rond te hardloop, Gert van die buurplaas het vir my, my heel eerste blikkitaar met ‘n blou en wit BP olieblik gemaak en my heel eerste lappop, met die naam…

Read More