Paasbolletjies
Ons Nelle was nog altyd groot op geleenthede op die Christelike kalender soos Kersfees & Paasnaweek. Gister kom daar ‘n fototjie op my facebook om my te herinner aan Paasnaweek 2009, die heel eerste Paasnaweek sonder my ma. Skielik tref ‘n verlange my wat mens nie kan verduidelik nie.
Daar het intussen 10 jaar verloop en hierdie Paasnaweek wat voorlê is my heel eerste Paasnaweek as verloofde, wat beteken kuiers met twee families. Ek het die voorreg om almal in die Boesmanland te hê en sommer net hierdie stilwees oomblikke in dankbaarheid te deel. Dankbaarheid vir ‘n God wat ons liewer as lief gehad het, dankbaar vir Paasnaweek herinneringe saam met my ma, maar ook dankbaar vir die ongelooflike liefhê mense met wie ek nou my lewe kan deel.
Die Boesmanland is heerlik koel en bewolk vanoggend en ek voel skoon nostalgies. Daarom deel ek ‘n lekker meelgoed resep – ideaal vir ‘n saamwees ontbyt, maar ook heerlike saam met moerkoffie in die namiddag. (Resep verkry vanuit Sarie Kos)
Mag Jesus se storie in Lukas 22 met julle bly hierdie Paasfees.
Liefde uit die Boesmanland xxx