Bederf die bure Resep 2
Daar is al wat ‘n uitdaging besig om die rondtes te doen op sosiale media en daarom wil ek met Langtafel ook ‘n uitdaging begin naamlik #bederfjoubure. Ek gaan 3 lekker maklike reseppies deel (gunstelinge uit my jongerdae) en ek daag elke leser uit om een van hierdie reseppies te probeer (of enige ander resep as jy nie meer die nodige bestanddele het nie) en dan jou bure te bederf daarmee. Sit dit by hulle plaashek neer (As jy soos ons redelik ver van jou naaste bure is), los dit by hulle voordeur of sit dit op die tuinmuur neer en stuur net ‘n booskappie om te sê “Hou moed!” As jy ‘n ou oom of ‘n jong mamma êrens in jou straat het, daag ek jou uit om hulle ook te bederf. Dit is nou so nodig dat ons omgee vir mekaar en ook die mense naaste aan jou spesiaal laat voel.
My lekkertes staan gebak en getooi met vrolike linte, reg om oor die naweek by my bure se plaashekke afgelewer te word!
My tweede resep is Marmite Blaardeegwieletjies. Ek was nog altyd mal hieroor en my ma het ‘n nota in haar resepteboek gemaak dat hulle dit moes wegsteek vir my, want ek eet ‘n hele rol deeg se wieletjies op een slag op!
Koel af, pak in ‘n mooi bord en sit ‘n vrolike lint om. Jou bure sal mal wees hieroor!
Deel jou bure bederwe met my op Facebook en Instagram. Tag @Boesmanlandlangtafel en #Boesmanlandlangtafel asook #bederfdiebure. Daag dan nog 5 mense uit om dieselfde te doen. Kom ons gebruik hierdie tyd om werklik ‘n verskil in iemand anders se lewe te maak!
Fillipense 1:9 Ek bid dat julle liefde vir mekaar meer en meer sal word. Deurdat julle ‘n al beter begrip en ‘n fyn aanvoeling ontwikkel.
Met liefde uit die Boesmanland xxx